WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

HEUNING - Topics
Create Your Own App Store

* HEUNING > Topics


Subject: SELFKASTYDING
Replies: 25 Views: 1607

oubaas 11.10.09 - 06:20pm
SELFKASTYDING - 23 September 2009

Hoe genadig is God? Kon jy al ooit 'n greep kry op hierdie ding wat ons onvoorwaardelike genade en vergifnis noem? Ek di*nk as jy 'n ouer is, begin jy so ietsie verstaan van hierdie konsep van genade. Een oomblik wil jy jou tiener verwurg, maar le hy vanaand in sy bed en slaap en jy kyk vir hom, smelt alles net weg. More spog jy die wereld vol met hom. Dis genade.
*

oubaas 11.10.09 - 06:21pm
Maar . . . as dit by God se genade kom, wil ons soms net nie hierdie ding vat nie, want dan wil ons aanhoudend offers bring in die vorm van selfkastying. Kasty jy jouself ook soms so oor sonde? *

oubaas 11.10.09 - 06:22pm
Natuurlik is sonde nie 'n man se speelmaat nie, en natuurlik haat die Here dit, maar soms kasty ons onsself aanhoudend oor dinge wat Jesus klaar oorwin het. Want Jesus - die volmaakte offer - het reeds namens ons daarmee klaargemaak. As jy dit aanvaar het, en dit glo, is selfkastyding nie meer nodig nie. *

oubaas 11.10.09 - 06:22pm
Hebreers 10 : 1 - 14 Die wet van Moses is slegs 'n skadubeeld van die weldade wat sou kom, nie 'n werklike beeld daarvan nie. Voortdurend, jaar na jaar, word dieselfde offers gebring, en tog kan die wet die wat die offers bring, nooit volkome van sonde vry maak nie. As die wat offers bring, eens en vir altyd gereinig en nie meer van sondes bewus was nie, sou hulle immers opgehou het om offers te bring. *

oubaas 11.10.09 - 06:23pm
Maar nou herinner die offers juis jaar na jaar aan die sondes, omdat die bloed van bulle en bokke onmoontlik die sondes kan wegneem. Daarom se Christus met sy koms in die wereld: Dit is nie diereoffer en graanoffer wat U wou he nie, maar die liggaam wat U My gegee het. Brandoffers en sondeoffers het U nie behaag nie! Toe het Ek gese: Kyk, Ek het gekom, o God, om u wil te doen. In die boekrol is dit van My geskrywe. *

oubaas 11.10.09 - 06:23pm
Eers se Hy: Diereoffers en graanoffers, brandoffers en sondeoffers wou U nie he nie en het U nie behaag nie, hoewel hierdie offers deur die wet voorgeskryf word. Daarna se Hy: Kyk, Ek het gekom om u wil te doen. Hy skaf dus die eerste offers af om 'n ander offer in die plek daarvan te stel. Omdat God dit so wou, is ons vir Hom afgesonder deurdat Jesus Christus sy liggaam as offer gebring het, eens en vir altyd. *

oubaas 11.10.09 - 06:24pm
Verder, elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring elke keer weer dieselfde offers, wat tog nooit die sondes kan wegneem nie. Maar Jesus Christus het een offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van God gaan sit. Nou wag Hy daar totdat sy vyande aan Hom onderwerp is. Deur die een offer het Hy die wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vry gemaak. *

oubaas 11.10.09 - 06:24pm
Eens en vir altyd skoon, sonder vlek of blaam. Moeilike konsep hierdie, juis omdat ons nie verstaan hoe onvoorwaardelik, en finaal, hierdie genade van God is nie. Dit is natuurlik nog moeiliker as jy tans in 'n situasie is waar jy swaarkry as gevolg van die konsekwensies van een of ander verkeerde keuse. En nog meer, as jy volhard in verkeerde dinge. *

oubaas 11.10.09 - 06:25pm
Ek di*nk die meeste mense kan getuig dat hulle al gehuil het voor die Here oor hulle sondes. As hulle so sukkel om oorwinning daaroor te kry, of miskien ly a.g.v. die uitvloeisels daarvan. Mens moenie berou met selfkastyding verwar nie. Natuurlik moet mens berou he oor jou sondes, maar net wanneer daar sondebesef kom, want dan tree vergifnis in. Selfkastyding is die proses waar mens dag na dag loop en tob daaroor. Dis wat die satan mos behaag. *

oubaas 11.10.09 - 06:25pm
In sommige lande sien jy tydens paasfees hoe mense die Via de la Rosa naboots. Dan loop van die mans en slaan hulleself oor die rug met swepe dat die hale le en die bloed uitloop, ter nagedagtenis aan die lydenspad wat Jesus geloop het. Edel gedagte, maar Jesus het deur baie erger dinge gegaan as om net liggaamlik gemartel te word. *

oubaas 11.10.09 - 06:26pm
Hy het immers ter helle neergedaal en is deur Sy Vader verlaat. Daar is niks wat ons kan doen om Sy lyding te simmuleer nie. En dis verseker ook nie nodig nie. *

oubaas 11.10.09 - 06:26pm
Maar... nou loop ons dag vir dag met selfkastying as gevolg van skuldgevoelens. Het jy ook al gedink dat jou sondes te groot is vir die Here se vergifnis? di*nk jy ook soms dat jy nie kwalifiseer vir genade nie? Miskien ken jy iemand, wat jy di*nk hierdie persoon is 'n waardige klient vir vryspraak, maar jy self is nie goed genoeg nie. Dis juis omdat ons nie goed genoeg is om die sondes te oorwin nie dat jy vir Jesus nodig het. *

oubaas 11.10.09 - 06:27pm
Wie ken jy wat die wet volmaak kan onderhou? Kan jy enige name noem? Ek ook nie. Daarom het Jesus jou waardig genoeg geag om vir JOU te sterf. *

oubaas 11.10.09 - 06:27pm
Ek wonder nogal of Jesus dan dalk di*nk . . . Het ek dan verniet gesterf? *

oubaas 11.10.09 - 06:28pm
Hebreers 10 : 17 - 18 Dan se Hy verder: Aan hulle sondes en hulle oortredings sal Ek nooit meer di*nk nie. Waar die sondes vergewe is, is geen offer daarvoor meer nodig nie. *

oubaas 11.10.09 - 06:28pm
Daar is ook nie meer skuldgevoelens nodig nie. Daar is nie eers meer 'n gedagte daaraan nodig nie, wat verby is, is verby. *

oubaas 11.10.09 - 06:28pm
Maar die satan, die verleier en leuenaar, is nogal lief daarvoor om dit dag na dag voor jou kop te gooi. Moet wees, want dis immers al wapen wat hy teen jou het. So verpes hy ons dag vir dag, en so glo ons hom dag vir dag. Glo jy hom eerder as die Verlosser wat met alles klaargemaak het? *

oubaas 11.10.09 - 06:29pm
Die probleem van sondes is dat ons soms met die letsels daarvan sit en soms moet daar dalk straf daarvoor uitgedien word. Dis dan wanneer spyt met selfkastyding gepaard gaan, en dan glo ons nie dat Jesus ons vrygespreek het nie. Omdat Jesus reeds gemartel is, hoef jy jouself nie meer te martel nie. *

oubaas 11.10.09 - 06:29pm
Waar die sondes vergewe is, is geen offer meer daarvoor nodig nie. *

oubaas 11.10.09 - 06:30pm
Hebreers 10 : 5 Daarom se Christus met sy koms in die wereld: Dit is nie diereoffer en graanoffer wat U wou he nie, maar die liggaam wat U My gegee het. Einlik is hierdie teks die volle verduideliking van Tetelestai. *

oubaas 11.10.09 - 06:30pm
Hierdie teks is goed genoeg vir ALMAL, ook vir jou. Maar ook vir die moordenaar en verkragter, mits daar berou gekom het en klaargemaak is met die sonde. Niemand is te sleg nie, nie eers die man wat langs Jesus aan die kruis gesterf het nie. *

oubaas 11.10.09 - 06:31pm
Ons moet net ophou om goed genoeg te probeer voel, want Jesus was goed genoeg gewees. *

oubaas 11.10.09 - 06:31pm
Moenie loop met selfkastyding nie, want dit laat die persoon wat na jou opkyk vir antwoorde op Geestelike vlak, net verder struikel. As die kinders van Jesus dan nie kan oorborrel omdat hulle genade ontvang het nie, hoekom sal ander mense dit dan wil ontvang? *

oubaas 11.10.09 - 06:32pm
Geen marteling is meer nodig nie, want Jesus het namens ons daarmee klaargemaak. En more, as jy weereens struikel, gaan Jesus jou nie uittel op jou voete nie, Hy gaan Sy hand na jou toe uitsteek en se:- kom, staan op, ons probeer weer. Jy hoef nooit meer seer te he oor jou onvolmaaktheid nie, dis verby. *

oubaas 11.10.09 - 06:32pm
Jy is 'n oorwinnaar, jy is volmaak, jy kan gerus volmaak lyk. Aanvaar dit net. *

oubaas 11.10.09 - 06:33pm
Bron: http://www.heuning.co.za/rippel%20selfkastyding.htm *


* Reply
* HEUNING Forum


Search:
topics replies


* HEUNING

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store